new-top-banner-english

Plat geslaan maar nie neergeslaan nie

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B1445

11Kor. 4:1-15

Kernvers: 11Kor. 4:9 Vervolg maar nie verlate  nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.

Ek praat met u vandag namens ons volk, ons land, as families, asook enkelinge – ons land is in ‘n krisis, die hele wêreld is.  Ons voel platgeslaan, ons ervaar n terneergedruktheid in ons kuiertye met mekaar, in ons alledaagse lewe. Ons ervaar ‘n verslaentheid, ‘n lusteloosheid onder ons mense, byna asof daar n koersloosheid is.

Dit lyk of ons nie weet waarheen nie – ons ou politieke partye het ons teleurgestel en daar is vrees by ons mense, selfs onder Christene. Dit is n hartseer toestand. Tog is daar ‘n eienskap in hierdie volk van ons naamlik dat ons nie sal gaan lê nie, ons staan telkens weer op.

Hierdie dierbare Woord wat saam met die Voortrekkers getrek het, was daar in die wakis van die ossewaens, ‘n spesiale plek waar die Bybel bewaar is. Dit was nog altyd vir ons ‘n lamp vir ons voet en ‘n lig vir ons pad. Ons voorvaders het dit as die bron van hul lewens beskou   en kyk net hoe eindig hierdie boek: al die trane sal verby wees, en daar wag die nuwe Jerusalem - wat ‘n wonderlike vooruitsig!

 

Die name van die 12 stamme van Israel  is geskryf op die poorte, en dit is hierdie  Israelvolk waarvan ons ‘n deel is. Dit word beklemtoon in hierdie ou Bybelboek dat dit waarmee God begin het, dit sal Hy ook klaarmaak. God laat nooit vaar die werke van Sy hande nie….  

Daily Quotes

MiniCalendar

January 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Vinaora Visitors Counter

155823
This_MonthThis_Month1290
All daysAll days155823