new-top-banner-english

n Volk optrek na sy bestemming

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B1519

Skriflesing uit Genesis 1: 1-20

Kernvers: 5,6 – ‘….en hulle het uitgetrek  om na die land Kanaán te gaan en in die land Kanaán gekom. En Abram het deur die land getrek na die land Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaániete was toe in die land.’

‘n Volk wat sy geskiedenis nie eer nie, sal geen geskiedenis vir sy nageslag nalaat om te eer nie.

Ons ouer geslag is baie geseënd en bevoorreg omdat ons kan terugkyk na Geskiedenis onderwysers wat ware Patriotte was. Vir my was die geskiedenis klas een van die uitstaande periodes van my skooldae. As daardie onderwyser begin het met die voordra van die geskiedenis het dit gevoel asof my hare rys, my hele wese het getintel van Patriotisme by die aanhoor van die heldedade van ons voorouers. Dit was ‘n liefde vir daar waar ons vandaan kom, en die besef van hoe ver ons geskiedenis  strek in die verlede in.

Dit is iets wat ek graag vandag op hierdie Geloftedag wil beklemtoon. Ek glo daar is vandag nog baie mense wat hul geskiedenis kan onthou – oral daar waar dit vandag gevier word en van gepraat word. Ek sou so graag wou hoor wat gepraat word.

Ons het deur baie Geloftedae al gekom, eers as kind en toe as jongmens en nou op ons oudag – die een ding wat my getref het, met al die terugblikke daarvan, is hoedat ons mense net terugkyk tot op Bloedrivier en die Groot Trek en al die oorsake wat daartoe gelei het asook die gevolge daarvan.  Daarom hoop ek dat ek vandaag vir u tot die besef mag bring dat daar iets geweldigs  kortkom in daardie terugblik .

 

Omdat ons Afrikaner geskiedenis nie daar begin het nie, dit het baie verder terug al begin. Ons moet dit dus sien as geheel end at daar in hierdie volk ‘n element is van ewigheidskarakter, met ‘n ewigheids-bestemming. 

Daily Quotes

MiniCalendar

January 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Vinaora Visitors Counter

155823
This_MonthThis_Month1290
All daysAll days155823