new-top-banner-english

Week 5

Laai Boodskap hier af: 

Geleende Vere.pdf

Weekly Boodskap:

Skriflesing uit 1 Sam.17:1- 58

 

Kernvers: 39 – ‘En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek.’ 

Die verhaal gaan oor Israel en die Filistyne wat teenoor mekaar in slagorde opgestel was vir oorlog, en hoedat Goliat hul held was. ‘n Reus van by die elf voet lank wat daar op en af geloop het om vir Israel uit te tart en uitgedaag om iemand te stuur wat teen hom wou veg. Daar was niemand nie.

Dawid het vir sy broers kos geneem en moes na hul welstand verneem in opdrag van sy vader Isai. Toe hy hoor hoedat hierdie onbesnede Filistyn die slagordes van die Here uittart het dit hom woedend gemaak en hy het uitgevra na hom. Sy broers was geïriteerd met Dawid en toe gaan hy na koning Saul en sê dat hy teen Goliat sou veg. Saul wou dit nie toelaat nie omdat hy ʼnseun was, maar Dawid het vir hom vertel hoedat die Here hom gehelp het om bere en leeus dood te maak wat sy pa se skape wou verskeur en gesê dat die Here hom so sou help om hierdie Filistyn van kant te maak. 

Saul wou toe hê dat Dawid sy wapenrusting moes dra maar toe Dawid dit aantrek kon hy skaars daarmee loop en het dit uitgetrek en gesê: ‘Ek kan nie, want ek het dit nooit probeer nie’. Met sy slingervel en vyf klippies en in die Naam van die Here het hy die reus trotseer en vir Goliat gesê: ‘Jy kom na my met ‘n swaard en met ʼn spies en ʼn lans, maar ek kom na jou in die Naam van die Here van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het’. En Dawid het hom verslaan.

 

Kom ons kyk na die reuse wat ons vandag  in die gesig staar: Reuse van geweld, van vrees en misleiding, korrupsie, werkloosheid, misdaad en morele verval om maar net ‘n paar te noem. Dit grief ons ook maar ons het ʼn aanraking van God nodig om hulle die hoof te bied…hier sal dit ook nie vir ons help om met ‘geleende vere’ die stryd aan te durf nie. Alleenlik ʼn persoonlike vehouding en wandel met die lewende God….en waar ons Hom leer ken het in die spervuur van die lewe.

 

Video Files:

 

 

Daily Quotes

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144372
This_MonthThis_Month1287
All daysAll days144372