new-top-banner-english

Week 6

Laai Boodskap hier af: 

 Die Sabbat.pdf

 

Weekly Boodskap:

 Hierdie is ʼn baie aktuele onderwerp tussen die kinders van die Here, veral in hierdie tye. Hier word verskeie Skrifte aangehaal en dit is baie insiggewend as ʼn mens die prinsiep daarvan kan verstaan.

 

Punt een:

Die woord ‘Sabbat’ – wat beteken dit? Sabbat beteken RUS en nie die 7de dag van die week of Saterdag nie.

 

Punt twee:

Dit was God se rusdag na ses dae van werk. Lees Génesis 2:1-3. Hier is die oorsprong van die woord ‘Sabbat’ – toe God op die 7de dag gerus het ná 6 dae van werk. Hier is egter nog geen sprake van die 7de dag van die week nie.

Dit is die hart van die wet: éen dag rus na 6 dae van arbeid. Dit is nie gekoppel aan ʼn spesifieke dag, Saterdag of Sondag nie.

 

Punt drie:

God het hierdie eerste Sabbat met niemand gedeel tot 2500 jaar later nie. Vir 2500 jaar het niemand die sabbat nog gevier nie. Dit was ʼn heilige dag vir God. Hy het dit toe eers aan Israel toevertrou met die gee van die wet op berg Sinai.

 

Israel se eerste Sabbat

Lees Nehemia 9:13-14. Dit was die eerste keer dat God sy Sabbat met die mens gedeel het en wel met Israel. Nêrens lees ons van Adam of Abram of Noag wat dit gehou het nie.

God het die Sabbat met Israel ingestel en as ʼn teken tussen Hom en Sy volk bevestig.

Lees Exodus 31:13-17. God het Israel gekonstitueer as Sy volk by die berg Sinai alhoewel Hy vir Abram lank vantevore geroep het.

Sover, praat dit nog steeds net van die 7de dag van rus ná 6 dae van werk.

Lees ook Ex. 16:23-30…’en so het die volk dan op die 7de dag gerus.’

 

Maar Israel het gesondig

Hulle het nie God se verbond gehou nie – hulle was ongehoorsaam en het hulself onwaardig getoon om God se Sabbat met Hom te deel.

 

Die 2de Sabbat:

In Deuteronómium 5:12-15 word Israel weer beveel om die Sabbat te hou, maar hierdie keer moes hulle die uittog uit Egipte gedenk… ‘omdat julle uit Egipte uitgelei is’. Die prinsiep bly: een dag rus in sewe. Die syfer 7 loop dwarsdeur die bybel. Die getal 7 loop in die samestelling van die mens, en van die lig, asook musiek….in enige iets is hierdie ‘sewe’ fundamenteel.

Ons sal verder sien in hierdie studie dat dit weer verander:

 

Die 3de Sabbat

Dit is nou ons Christen-Sabbat, waar ons die Opstanding van die Here Jesus vier. Christus is nou ons Sabbats-Rus. Hy het vir ons die wet vervul (Heb. 4: 1- 13).

Net soos God ʼn volmaakte werk met die skepping verrig het, so het Christus vir ons ʼn volmaakte werk van verlossing bewerk en vier ons nou sy Opstanding om dit te gedenk.

Video Files:

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785