new-top-banner-english

Week 7

Laai Boodskap hier af: 

Simson se hare groei weer.pdf

Weekly Boodskap:

Kernvers : 22 – ‘Maar die hare van sy hoof het weer begin groei sodra dit afgeskeer was’.

 

Dit is moeilik om in ʼn tyd soos hierdie ʼn boodskapper van God te wees. As ʼn mens kyk na die profete van die Here, dan sien jy hoedat hulle ook nie baie gewild was nie….daar was moeilike tye vir die volk van God a.g.v. hulle sondes, maar God was altyd daar om hulle genadig te wees wanneer Hy gesien het dat dit met hul vashouplek gedaan was en so het Hy dan ook die Rigters gestuur…..en Simson was een van hulle!

 

God bring altyd ʼn relevante boodskap vir die tyd waarin dit gebring word. ʼn Eerlike boodskap in ʼn tyd van nood. Daar is baie dinge waaroor ʼn mens kan praat: Die ekonomie, die geweld, oorloë, die geestelike en morele verval, alles aktuele omstandighede en ʼn mens kan ʼn baie swartgallige prent skilder oor al hierdie werklikhede. Dank God daar is altyd ʼn boodskap van hoop! ʼn heerlike hoop in Jesus!

 

 In hierdie verhaal van Simson is ʼn baie groot les vir ons in die tye waarin ons leef veral! Ons het ʼn ingryping van God so nodig – die hele Christen-wêreld word bedreig. Sonder dat hulle dit besef of wil aanvaar, is die heidendom se voortbestaan ook afhanklik van Israel. God se Raadsplan is ons heil – die heil van die ganse mensdom.

 

Simson was geroep en moes ‘n Nasareër wees – afgesonderd om vir God ʼn instrument te wees en hy het wel ʼn groot deel van sy roeping vervul in Israel. Totdat hy in die strik van Satan getrap het….hy was gestroop van al sy krag en sy eer en sy oë! Hy het sy Nasareërskap verloor, en die tragiese gevolge daarvan ken ons.

 

Maar sy hare het weer gegroei….

 

Video Files:

 

 

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424