new-top-banner-english

Week 8

Laai Boodskap hier af: 

Jou Maker is jou Man.pdf

 

Weekly Boodskap:

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B698

Skriflesing uit Jesaja 54:1-17

 

Kernvers 11: ‘Jy ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere.’

Die opskrif van hierdie gedeelte in die Bybel is: ‘Die toekoms van Sion’. Dit simboliseerm Israel.

Wanneer ʼn mens die Bybel lees dan sien jy dat dit met ʼn huwelik begin toe God vir Adam gesê het: dit is nie goed vir die mens om alleen te lewe nie en Hy het vir Eva geskape. Dit was egter nie lank nie of die mens het gesondig en het die hele natuur met hom saam afgetrek.

 Hierdie dispensasie eindig egter weer met ʼn huwelik, en hierdie keer gaan dit nie misluk nie. In Jesaja 54 lees ons van ʼn huwelik – die huwelik wat God met Israel op die berg Sion voltrek het. Vir hierdie volk wat so swaargekry het en so bitterlik moes ly a.g.v. haar sondes, sê die Here: ‘…jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is Sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word’ (vers 4-5).

Die Here roep na Israel om terug te keer na Sy Woord – en hoedat Hy die aarde gaan kom herstel. Dat Hy sy Raadsplan sal uitvoer en nie een jota of tittel daarvan sal verbygaan sonder dat dit uitgevoer sal word nie.

Vir ons as individu het God ook ʼn Raadsplan – soms moet ons  langs die ompaaie van die lewe gaan totdat ons ʼn ontmoeting met God beleef…ons kom ook by ons ‘Mara’ (ons bitter waters). Tog het God ʼn einddoel met ons in gedagte! God het ons geskape om saam met Hom te heers.

Op Sion het God met Israel in die huwelik getree in Majesteit en sy het God se bruid geword – Israel het koninklike waardigheid bekom totdat sy afvallig geword het, maar in Sy groot genade het God haar nie geheel en al weggegooi nie…Hy het mens kom word en vir haar sondes gesterf sodat Hy weer met haar in die huwelik sal tree….  

 

  

Video Files:

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771