new-top-banner-english

Week 1

Laai Boodskap hier af: 

Die Oorwinningslewe.pdf

Weekly Boodskap:

Uittreksel van Pastoor Neser se preek:B944 

Skriflesing uit 1 Jo.5: 1-21

Kernvers: 4 – ‘Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.’

Wat beteken dit?  Die dissipels moes hierdie boodskap na die verlore skape van Israel toe neem en vir hulle gaan sê dat God hulle nie vergeet het nie maar dat Jesus, die Verlosser van Israel gekom het! Dat Hy die Christus, die Messias is!

Jesus het gekom om Sy bloed aan die kruis uit te stort vir ons sondes en dat Hy op die derde dag opgestaan het en deur Sy lewe en voorbeeld vir ons kom demonstreer het hoe om die oorwinning oor die vyand te bekom. Jesus het as mens ‘n volmaakte lewe gelewe op hierdie aarde . Hy is die ware wynstok en ons is die lote – as ons in Hom sou bly, sou ons veel vrug dra en sal ons groei in daardie volmaakte lewe wat Jesus vir ons geleef het . 

In hierdie wêreldstelsel wat nie gebasseer is op God se beginsels nie - dit maak staat op aardse rykdom en sukses, op status en mag – dit is in die hand van die vyand en hieroor moet ons as Christene triomfeer. Jesus het ons geleer hoe om die duiwel te weerstaan met die Woord, deur te sê: ‘Dit staan geskrywe…’ 

Ons moet egter die vyand kan identifiseer want hy verskans homself dikwels op die fynste maniere. Daarom dat ons  baie keer  neerlae ly, maar ‘n kind van God kan dit nie bekostig om ‘n lewe van neerlaag te lewe nie – of ‘n lewe van ‘val en opstaan’ nie!  Is dit moontlik?

Dit is moontlik en ‘n absolute noodsaaklikheid – as kind van God moet ons  uitstaan in die wêreld en uitstyg bokant ons omstandighede!  Want ons is meer as oorwinnaars deur  Hom wat ons liefgehad het’. Elke kind van God is hiertoe verordineer….. ‘Want alles wat uit God gebore is oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.’

Video Files:

 

 

 

Daily Quotes

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135732
This_MonthThis_Month2573
All daysAll days135732