new-top-banner-english

Week 2

Laai Boodskap hier af: 

My Besluit.pdf

Weekly Boodskap:

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B471 

Skriflesing uit 1Ko. 18:17 – 41 

Kernvers: 21 – ‘Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie’. 

Dit is nog steeds die probleem vandag – omdat ons die Gods-aard in ons het, kan ons nie uit-en-uit heidens word nie, maar omdat ons ook nie vir God uit-en-uit wil dien nie klou ons steeds so ʼn bietjie aan die wêreld ook vas. 

As ons maar kon besef wat ons erfenis is in die Here en wie ons is, en wat ons roeping is. Dit is alleenlik vir manne en vroue en seuns en dogters wat uit-en-uit hul lewens op die altaar gelê het en vir Jesus gekies het. Soos wat God in Sy Woord sê dat voor die groot en deurligtige dag van die Here kom sal Hy weer die profeet Elia stuur. Hy sal die harte van die vaders terugbring na die kinders en die harte van die kinders na die vaders… sodat God nie nodig sal hê om die hele land met die banvloek te tref nie. 

Dit is ʼn magtige beginsel wat in hierdie Woord opgesluit lê. Aan die einde van elke jaar is mense altyd lief om te praat van hul nuwejaars-voornemens maar net so ʼn endjie in die nuwe jaar in dan is daardie voornemens vergete, omdat ons hink op twee gedagtes…. 

Kom laat ons soos Josua sê: ‘Ek en my huis, ons sal die Here dien!’ 

 

Video Files:

 

 

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132621
This_MonthThis_Month1652
All daysAll days132621