new-top-banner-english

Week 3

Laai Boodskap hier af: 

Goddelike Genesing.pdf

 

Weekly Boodskap:

Uittreksel van Pastoor F.W.C. Neser se preek: B35

Skriflesing uit Matt.5:1- 

Kernvers: 7 – ‘En gaan preek en sê: ‘Die koninkryk van die hemele het naby gekom’. 

Goddelike genesing is deel van die koninkryk van God – die mens in sy huidige toestand is ʼn gevalle mens. Ons is nie soos wat God ons gemaak het nie; die dinge wat ons as natuurlik beskou is nie natuurlik nie en die dinge wat ons as bonatuurlik beskou was oorspronklik bedoel om natuurlik te wees. Om met God te wandel en om nooit siek te wees nie.

Daarom toe Jesus na die aarde toe gekom het was een van Sy eerste uitsprake: ‘Bekeer julle want die koninkryk van die hemele het naby gekom’. Toe Hy die  dissipels  uitgestuur het, het Hy vir hulle gesê om dieselfde boodskap uit te dra en ook gesê: gaan maak die siekes gesond.

Genesing behoort dus ʼn teken te wees van die nabyheid van die koninkryk van God op aarde…..Jesus se opdrag aan Sy dissipels was: Gaan dan heen en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Daarom is dit ook vir u…om te ontvang- u moet dit met geloof vir uself toeëin op grond van die Woord.

Genesing gaan ook saam met God se liefde vir Sy volk… Genesing is die kindertjies se brood. Jesus het beloof om die wat gebind is vry te maak en die wat gebroke is te verbind en die wat siek is, gesond te maak Jes.53:3,4 en Jes.33:24 en geen inwoner sal meer sê: ek is siek nie.

 

Video Files:

 

 

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775