new-top-banner-english

Laat U naam geheilig word

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B1596  Eng/Afr.

Skriflesing uit Matt.6:6-13

 

Kernvers:  9-  ‘ Só  moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word.’

Hierdie gebed moenie bloot as ‘n ydele herhaling van woorde gebruik word nie, ons moet dit uit ons harte uit bid. Alles wat rondom God se wil en van die begin af aangaande sy Koninkryk word hierin saamgevat – dat dit sal kom en daardeur Sy Naam geheilig sal word. Hy sal ons in Sy geheimenisse inlei en Sy Woord vir ons oopmaak…

‘Laat u Naam geheilig word’ – alles word heirin opgesluit. Die kern van die gebed is die herstel van God se Koninkryk op aarde en daardeur ook die herstel van die eer van Sy Naam!

Matthéüs is die evangelie van die Koninkryk – waar ons die bergpredikasie vind wat die uitbeelding daarvan weergee. In hoofstuk 6: 33 sê dit: ‘Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.’

Alles wat die mens nodig het vir sy geluk en voortbestaan word in die voorafgaande gedeelte weergegee , bv.vers 24 sê dat: ‘Niemand twee here kan dien nie; want  óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!’

Jesus het dan ook gesê dat in hierdie wêreld sal ons verdrukking hê maar ons moet goeie moed hou want Hy het die wêreld oorwin. Loof die Here dat ons kan kies om Hom te dien! En God gee vir ons die voorskrifte van Sy Koninkryk wat ons moet soek en dit is om te dien…hoe ek andere se voordeel moet soek, tot eer van God. Mammon se reels is net die teendeel – ‘n beginsel van uitbuiting en selfsug en eie eer.

In Jo.18:36 het Jesus vir Pilatus gesê: ‘My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie…’ nie van hierdie wêreld-orde nie. Hy het ook gesê dat Hy gekom het om die Naam van Sy vader te verheerlik.

 

Hy het ook gesê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien – so moet ons uitgangspunt dan ook in hierdie lewe wees…

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135300
This_MonthThis_Month2141
All daysAll days135300