new-top-banner-english

Week 21: Volle Versekerdheid

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B105a Eng/Afr.

 

Skriflesing: 11Tim.1:1-18 

Aflaai:

Volle Versekerdheid.pdf

 

Kernvers:12 … ’want ek weet in Wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot die dag toe!’ 

Ons lewe in ‘n onsekere, onveilige, selfs gevaarlike tyd…maar daar is ‘n plek van veiligheid naamlik in die boesem van die Vader, in die hemel – dit is waar ons ons skatte moet bêre en daarom skryf Paulus aan Timótheüs hierdie brief. Dat hy hierdie pand van geloof, van volle versekerdheid moet bewaar, wat deur die Heilige Gees in hom woon.  Daardie pand van hom wat weggebêre is in die hemel. 

Dit is die enigste veilige plek, soos daardie ou Engelse lied wat lui: ‘There is a place of quiet rest, near to the heart of God.a place where sin cannot molest...near to the heart of God...oh Jesus blessed Redeemer, sent from the heart of God…hold that which I’ve committed unto Him against that Day’- Dis daardie ‘pand’. 

Paulus skryf hierdie dinge vanuit al die beproewinge waardeur hy gegaan het: hy was dikwels koud en honger, en in die gevangenis, geslaan, gestenig, skipbreuk gely, uitgeskel, maar God het hom daaruit verlos. Daarom dat hy kon sê: daar is ‘n plek van veiligheid en sekuriteit en van volle geloofs-versekerdheid.

 

Hierdie volle geloofs-versekerdheid verg egter ‘n oorgegewe lewe. Die Here soek mense wat Hom sal dien in Gees en in waarheid, met ‘n volkome hart. Daarom dan hoef ons nie bang te wees vir die wat ons kan doodmaak nie, want die Here hou ons siele, ons pand in Sy hand. Hy het gesê dat niemand ons uit Sy hand kan ruk nie want die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie…

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785