new-top-banner-english

Week 22: Blye Versekering

Laai Af:

Blye Versekering.pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek B117b  Eng/Afr

Skriflesing uit: 11Kor.5:1-13, Heb.9:27

Kernvers:  1- ‘Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.’

Het u geweet dat ‘n mens ongeveer  17,000 keer per dag  asemhaal?  Kan u saam met Paulus sê dat as u tentwoning afgebreek word u ‘n gebou sal hê van God?

In die laaste tyd dink ek so baie aan ‘n paar algemene se goed wat ons gebruik en dan wonder ek hoeveel mense besef werklik die impak van hul woorde? Ons se:  ‘As Jesus maar net wil kom…,’ en ‘Kom gou Here Jesus!’. Maar hoeveel van ons besef wat alles daarmee saamgaan, en voorafgaan? Besef ons wat alles in die hemele en op aarde moet plaasvind alvorens daardie heerlike dag kan aanbreek?

Daar gaan ‘n benoudheid op die aarde wees waarvan ons die omvang nie kan besef nie, die Bybel sê dat mense se harte gaan beswyk van vrees en dat ontelbare menigtes sal sterwe!  Dan vra ek myself af: ‘hoeveel van daardie menigtes sal gereed wees om God te ontmoet?

As hulle maar net ‘n kykie in die ewigheid kan kry, sal hul miskien hul lewens in heroënskou neem. Maar dwarsdeuer die Bybel sien ons hoedat mense net meer onverskillig raak net voor die oordele van God, bv. Sodom en Gommora,  die mense voor die sondvloed, Israel voor haar ballingskap ens.

Ons moet ‘n visie kry van die ewigheid sodat ons saam met Paulus kan sê: Ek het ‘n verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste, maar om julle ontwil is ek hier… ons lewe nie vir onsself nie maar vir Jesus.

Wat ‘n blye versekering om te weet dat wanneer ons hier uitwoon, dan woon ons in die hemele. Dit is ‘n plek van lewe, ‘n plek waar daar geen hartseer en trane is nie, geen moeite en verdriet, selfs die dood sal daar nie meer wees nie!

 

Wat ‘n blye versekering !

Daily Quotes

MiniCalendar

June 2016
MTWTFSS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930

Vinaora Visitors Counter

140216
This_MonthThis_Month1934
All daysAll days140216