new-top-banner-english

Week 23: Die Ewigheid

Laai Af:

Die Ewigheid.pdf

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B121 Eng/Afr

Skriflesing uit Matt. 25:31-46

Kernvers: 34 – ‘Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die aarde af.’

Wat is die ewigheid?  ʼn Mens sal die volle impak daarvan nie kan staan as jy dit moet sien nie – daarom dat die Bybel praat van talle mense wat op hul aangesigte geval het ten aanskoue van God se heerlikheid.  Hulle het dinge gesien wat min mense vantevore gesien het.

Jesus sou nie gesterf en Sy bloed uitgestort het as dit nie vir iets groots was soos die ewigheid nie.  Sy dood het as te ware die twee uiterstes beklemtoon nl.  Die ewige verdoemenis OF die ewige lewe!  As iemand Hom nie aangeneem het nie, sal hy die ewige lewe nie deelagtig word nie.

Wetenskaplikes praat van fossiele wat miljoene jare oud is en sterrestelsels wat so groot is dat die lig daarvan miljoene jare neem om die aarde te bereik.  Dis maar ʼn fraksie van ʼn idee van die ewigheid en ons is deel daarvan.

Besef ons dit genoeg – lewe ons asof ons daarvan bewus is?  Dat alles waarmee ek hier besig is, ek doen met die oog op die ewigheid?  My hele lewe staan in die konteks van die ewigheid, alhoewel in ons aardse hoedanigheid is alles tydelik.  Nogtans is ons besig met die ewigheid – hoe ek nou lewe en wat ek nou kies het betrekking op die ewigheid.

 

Die Woord sê ons lewens is soos ʼn dampie en soos die gras wat verdor, maar ons siele is ewig…..Waar gaan u wees? 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785