new-top-banner-english

Week 24: Die Twee Wee

Laai Af:

Die Twee Wee.pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B107A  Eng/ Afr.

 

Skriflesing uit Ps.1:1-6

 

Kernvers 1,2: ‘Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie, maar sy behae is in die wet van die Here, en hy bedink Sy wet dag en nag’.

 

Ons het gewoond geraak aan ‘n lewe van matigheid  en louheid en daarom moet ek myself afvra: op watter pad is ek? Is ek tevrede om net saam met die stroom te gaan?

 

Waar is die man of vrou, seun of dogter wat sal opstaan en sê: ‘Ek staan vir die saak van die Here’?  Daar is net twee weë in die bybel en altwee daardie weë lei na die ewigheid, maar met verskillende destinasies! Op watter pad is u vandag?

 

Kan die wêreld daar buite sien dat ons anders is, dat ons God ken? Nie die soort strak godsdientige lewenstyl wat mense afsit nie, maar ‘n lewe van oorwinning temidde van wat ookal met ons gebeur – soos mense wat God ken en weet in Wie ons glo.

 

Iemand het eenkeer gesê dat die lewe is soos ‘n brug wat jou oor die rivier neem na die anderkant. Dis nie ‘n plek om jouself in tuis te maak nie, jy moet vorentoe gaan. En so het Jesus dan ook vir ons die weg aangewys.

 

Daar is die breë en die smal weg – dit word in Matt.7:13,14 vir ons beskryf en daar is min wat die smal pad kies wat na die lewe lei. Dit is soms ‘n eensame pad maar dis ‘n heerlike pad want Jesus gaan saam met jou. Waar wil jy ‘n beter metgesel vind as Hy? Wanneer die trane kom dan vee Hy dit af en as jy in benoudheid kom, vertroos Hy jou. Hy het belowe om jou nooit te begewe of te verlaat nie.

 

Op die breë weg sal jy baie metgeselle hê solank as dit goedgaan en die geld rol, maar sodra dit sleggaan bevind jy jouself alleen. Die pad van sonde is die eensaamste pad wat daar is….terwyl op die smal weg saam met Jesus kry jy nuwe krag met elke tree.

 

Spr. 14:12 en 16:25 - Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk maar die einde daarvan is weë van die dood…

 

 

 

 

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785