new-top-banner-english

Week 10

Laai Boodskap hier af: 

Abraham deur God beproef.pdf

Weekly Boodskap:

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B86b

Skriflesing uit Gen.22:1-14 

Kernvers:14 – ‘En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien!’

ʼn Baie bekende verhaal van Abraham wat deur God beveel was om vir Isak te gaan offer. Hierin is ʼn magtige boodskap ook vir ons vandag!

God wou vir Abraham beproef en Abraham het nie teëgestribbel nie. Hy was ʼn merkwaardige persoon, want die omstandighede rondom Isak se geboorte was alreeds ʼn groot wonderwerk. Abraham het ʼn toekomsvisie gehad: Hy het die koms van Jesus verwag. In Johannes 8:56 het Jesus gesê: ‘Abraham julle vader,  het hom verheug dat hy My dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly’.

Ons moet die Heilige Gees vra om Jesus só aan ons te openbaar….want God vra ook van ons ʼn offer. Psalm 25:14 sê:’ Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak’. Om nie teë te praat wanneer God gepraat het nie, maar dat ons sal opstaan en doen wat die Here van ons vra en dan sal God Sy verborgenhede aan ons bekend maak.

Vir Abraham was dit ʼn keerpunt in sy lewe, want God het vir hom belowe dat deur Isak sou die belofte kom – en dit was Jesus ons Verlosser! 

In hierdie offering van Isak was die kruisdood versimboliseer. Abraham het geglo dat al sou hy vir Isak offer, God instaat was om hom uit die dood uit op te wek.

Dus het hy met afgemete presiesheid gedoen net soos God hom beveel het. Vir drie dae het hulle gestap, maar Abraham het alreeds in sy hart vir Isak ge-offer aan die begin van sy reis. So standvastig het hy in God se belofte geglo en so gehoorsaam was hy aan God.

Abraham het teen hoop op hoop geglo dat God Sy belofte gestand sou doen, en vir 25 jaar homself ‘Vader van baie nasies’ genoem terwyl hy nog geen kind gehad het nie….  

Video Files:

 

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132568
This_MonthThis_Month1599
All daysAll days132568