new-top-banner-english

Week 11

Laai Boodskap hier af: 

Staan stil en aanskou die verlossing van die Here.pdf

Weekly Boodskap:

 Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B19

 

Skriflesing uit 2 Kronieke 20:1-25

 

Kernvers:12 – ‘en ons weet nie wat om te doen nie, maar ons oë is op U’.

Wat ʼn wonderlike gedeelte uit God se Woord in ʼn tyd van donker wolke wat ons land en die wêreld in die gesig staar!  Jesus het vooruit gesê dat daar swaar tye sou kom en dat mense se harte sal beswyk oor die dinge wat op die aarde sou kom.

Staatsmanne die wêreld oor is radeloos en sit met hul hande in die hare, want hulle weet nie wat om te doen nie! Dinge word net moeiliker en erger by die dag – selfs in ons persoonlike lewens. Daar is dinge wat ons bang maak, bekommerd en radeloos maak… met goeie rede ook. Want menslik gesproke het ons nie die antwoord nie!

In hierdie Skrifgedeelte sien ons hoedat hierdie nasies vir Israel bedreig het met uitwissing. Hulle het in hul duisendes teen hul opgetrek en die Israeliete se harte wou beswyk van vrees. Toe het Josafat ʼn vasdag uitgeroep oor die hele land en hulle het bymekaar gekom om hulp van die Here te soek. 

Miskien het u vandag by so ʼn plek in u lewe gekom waar u desperaat is en u sê: ‘Here! ek weet nie meer wat om te doen nie – hierdie probleem is te groot vir my!’ Dan wil ek vandag vir u sê dat u op die regte plek in u lewe gekom het, want geen probleem is te groot vir God nie. 

Terwyl die volk nog so staan en bid, toe kom die Gees van die Here oor die vergadering en sê: ‘Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God’. En hulle het die Here begin loof en prys, en die Here het ʼn hinderlaag teen die vyand opgestel, sodat hulle mekaar in die verderf in gehelp het!

Ons wil so graag baklei as ons in die moeilikheid is – ons het so baie planne – maar die Here sê: ‘Staan stil en aanskou die verlossing van die Here!’

Video Files:

 

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785