new-top-banner-english

Week 12

Laai Boodskap hier af: 

Laat U wil geskied.pdf

Weekly Boodskap:

 Uittreksel van pastor Neser se preek: B899 

Skriflesing uit Matthéüs 26:36-46

 

Kernvers: 39- ‘…My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.’

Die Here praat opnuut met ons uit hierdie skrifgedeelte oor die gehoorsaamheid van Jesus. Wat sal dit ons baat om Sy stem te hoor, maar ons doen nie wat Hy sê nie? Wat help dit om te sê: ek glo in die Here Jesus en ek omarm nie alles wat Hy belowe nie? 

Mag God gee dat ons nie aan die slaap gevind sal word nie – as ek nie alles doen wat Hy vra nie en my lewe word nie verander nie, wat sal dit help om te sê dat  ek glo in Hom? My geloof moet sy resultate in my lewe lewer. 

Ons noem onsself Christene, ons veg nog in ons land vir die behoudenis van die Christendom, ons Christelike waardes. Wat baat hierdie Christen-lewe en Christenwaardes as daar nie gehoorsaamheid aan God by ons gevind word nie? Niks minder as wat Jesus dit uitgeleef het nie, en in die tuin van Eden het die mens die toets gedop. Maar in die tuin van Getsemané het Jesus dit geslaag! 

Jesus moes die saak vir Homself uitmaak – gaan Hy die wil van die Vader doen of nie? Alhoewel Jesus God is, was Hy ook mens en in Sy menslike hoedanigheid moes Hy dié besluit neem. Jesus het al die eienskappe en emosies van ʼn mens beleef en toe Hy daar in die tuin van Getsemané was, moes Hy ook as mens die toets deurstaan om die wil van God te doen. 

Dit het Hom duur te staan gekom en Hy het driekeer gebid en gesê: ‘Vader as dit moontlik is laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie My wil nie maar U wil geskied’.  Hy het op Sy aangesig geval toe Hy gebid het (ʼn gebaar van uiterste wils-inspanning en worsteling). 

Hier was die wil van die Seun van God opgestel teenoor die wil van God die Vader. Jesus het Sy eie wil gehad, want Hy was nie ʼn ‘ja-broer’ nie, maar Hy het vrywilliglik Sy wil neergelê. God moes ʼn mens op aarde vind wat Sy eie vrye wil in gehoorsaamheid aan God sou oorgee.

Jesus het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gelei het….

Video Files:

 

 

 

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771