new-top-banner-english

Week 18: Gehoorsaamheid

Laai af:

Gehoorsaamheid.pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B103b Eng/Afr.

 

Skriflesing: 1Sam.15:1-26

 

Kernvers 22: …’Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer; om te luister, beter as die vet van ramme.’ 

Ons kan dit nooit genoeg beklemtoon hoedat gehoorsaamheid vir God behaag nie. As ons, wie Sy kinders en volk is, eerlik wil wees met onsself, weet ons van baie dinge in ons lewens waar ons ongehoorsaam is aan die Stem van God. 

Ook die van u wat weggedwaal het van God a.g.v. ongehoorsaamheid in u lewens en in groot benoudheid geraak het, weet net dat God is ‘n beloner van die wat Hom soek!

Hy het ‘n plan met u lewe en daarom dat u nou besig is om hier te lees. Ongehoorsaamheid dwarsboom egter daardie plan van God met u….

Ons raak so dikwels opstandig teenoor God wanneer dinge verkeerd loop in ons lewens. As God dit telkens moet oorsien dan is Hy nie ‘n betroubare Koning nie en daarom moet ons kyk na Sy Woord.

Soos bv. die lewe van Saul – God het hom opdrag gegee om Amalek heeltemal uit te wis, maar hy was ongehoorsaam!  Amalek was die kleinseun van Esau wat van sy geboorte af teen God gestry het en in opstand was teen Sy gebod. Hy het geen respek daarvoor gehad nie en ook nie vir sy eersgeboorte reg nie.  Hy het sy ouers se vermaninge om nie met die heidense meisies te trou nie, verag. En so was hierdie opstandigheid van hom oorgedra na sy nageslag toe. Sy kleinseun Amalek het ook vroeg in sý lewe al weertsand teen God getoon en homself gegee as ‘n kanaal van die duiwel wat altyd op die spoor van God se volk was om hulle te vernietig. 

Toe God vir Israel uit Egipte gelei het, was dit Amalek wat hulle heel eerste kom aanval het en dit van agter af waar die kleintjies en die swakkes geloop het. Tot vandag toe is hulle nog altyd op Israel se spoor….omdat Saul ongehoorsaam was aan God. 

So in ons eie lewens het daar ook ‘n Amalek ontstaan a.g.v. ongehoorsaamheid en daarom dat die Here sê in Romeine 8:13 dat ons die sonde in ons lewens moet doodmaak (ons moet dit met die banvloek tref). Want die gevolge van ongehoorsaamheid sal ons agtervolg en nie met rus laat totdat ons kom in ootmoed en God om genade pleit, soos wat Moses vir die volk gepeit het en telkens het God hulle verlos.

Maak dood die sonde sodat u God se instrument kan wees…..  

 

 

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785