new-top-banner-english

Week 19: Staan stil

Laai af:

Staan stil dat ek met jou kan praat.pdf

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B103a  Eng/Afr.

Skriflesing:1 Sam. 12:1–15;  Jes.1:18,19.

 

Kernvers 7:‘Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die Here oor al die regverdige dade van die Here wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het’. 

Ons ken die geskiedenis van Samuel, hoedat sy moeder, Hanna gebid het en belowe het om hom vir die Here te gee en so het Samuel die eerste van die groot profete van God geword, maar ook die laaste van die rigters van Israel. Hy het die wil van God aan Israel bekend gemaak, maar Israel wou ‘n koning hê soos die nasies rondom en Saul was die eerste koning van Israel. Hy het egter nie geluister na die stem van die Here nie en hoe tragies was die gevolge nie! 

As daar ooit ‘n tyd was waarin daar weer met God se volk gepraat moet word is dit nou soos wat Samuel gedoen het toe hy gesê het in vers 7: Staan stil dat ek met julle kan praat (met julle gerig kan hou – to reason with you).  So ook nou u wat hier lees, mag die Here u hart tot stilstand bring sodat Hy met u kan praat: ons is so rusteloos in ons siele en in ons gemoed, ons is so bekommerd oor so baie dinge.

Daar is maelstrome van gedagtes en toestande in en om ons, dinge wat in die verlede gebeur het met ons en dinge wat ons ‘bedreig’ in die toekoms – vrese wat ons het ook a.g.v. wêreldgebeure, situasies in die land, die ekonomie, maatskaplik, in ons gesinne, families ens. Dit woel so hierbinne dat God skaars kans kry om Sy stem in ons harte te laat hoor… 

Hoeveel tyd spandeer ons met Sy Woord en in gebed sodat ons werklik stil kan raak voor Hom?  Sodat ons kan hoor wat Hy vir ons wil sê i.v.m. ‘n probleem by die werk, ‘n probleem met ‘n tiener, of ‘n situasie in die familie met siekte of wat ookal.  Die Here is angstig om met Sy kinders te praat en te help en uitkoms te gee – en dat ons Sy stem sal hoor sodat ons vrede mag hê. 

Moenie wag totdat jy tot stilstand gedwing word deur omstandighede nie, die Here wil nie hê dat ons in so ‘n toestand moet beland nie maar Hy wil dat ons tot stilstand moet kom en Sy groot genade mag raaksien dat Hy reeds die oplossing vir ons het.

Niks gebeur per toeval met ‘n kind van God nie, daarom dat God in Sy groot liefde  dalk juis nou vandag hierdie boodskap op die regte tyd u pad langs gebring het nl. dat u sal sê: Spreek Here, ek luister….   

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132568
This_MonthThis_Month1599
All daysAll days132568