new-top-banner-english

Week 45: Gog en Magog

 

Die Gog en die Magog

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B92a Eng/Afr.

Skriflesing uit Eseg.38: 1-16 en Openb.20: 7-10

Kernvers: 15 van Eseg.38 –‘Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ‘n groot menigte en ‘n magtige leer.’

Die Here het nog nooit diegene wat werklik God se Woord wil ondersoek, in die duister gelaat nie. En so het Hy dan ook hierdie saak van die Gog en die Magog in Sy Woord opgeteken.

Maar eers is daar iets wat ek moet verduidelik alvorens ons kan voortgaan met hierdie onderwerp: Daar is twee tydperke en twee plekke wat hul afspeel in die Bybel aangaande die Gog en die Magog – as dit nie reg verklaar en reg verstaan word nie, skep dit groot verwarring aangaande die eindtyd.

Sou God dan nie juis wou hê dat Sy kinders dit moet verstaan in ‘n tyd wat hulle dit die nodigste het nie? In Esegiël 38 praat dit van die Gog en die Magog as in die laaste dae; dit is in die periode tussen die eerste koms en die tweede koms van Jesus Christus, wat nou op hande is. Dit is wanneer die Gog en die Magog sy aanslag maak op die volk van God.

Openbaring 20:7 praat egter weer van die Gog en die Magog van ná die Duisendjarige Vrederyk. Die twee verskil in periode maar nie van karakter nie. Nog ‘n verskil is dat die Gog en die Magog van Eseg.38 sal kom vanuit die Noorde – dit is die kolos van Rusland en sy bondgenote.

Terwyl die Gog en Magog van Openb.20 sal kom uit die vier hoeke van die aarde. Daar is dus ‘n uitkenbare teken, maar ons laat dit eers daar. Vir hierdie tyd egter is dit belangrik om die onmiddelike vyand te identifiseer nl. die Gog en Magog van Esegiël 38! Lees weer vers 15….

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775