new-top-banner-english

Week 47: Hulle sal almal die Here ken

 

Hulle sal almal die Here ken.

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: b90

Skriflesing uit: Heb.8:1-8

Kernvers: 8 – ‘Kyk, daar kom dae spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring…’

Nêrens in die Woord is die Nuwe Verbond ooit gemaak met die Kerk nie; ons kan ook nie praat van die kerk wat in Egipte in slawerny was nie. Dit is ‘n verbond met ‘n volk – die volk Israel, wat God uit Egipte uit slawerny uitgelei het.

God het ook gesê dat Hy dit met hul kinders en hul kinders gemaak het – ‘n nasionale verbond! Dit is hier waar die verskriklike stryd kom, en dit is hier waar daar ‘n hele nuwe uitkyk sal moet kom in die Kerk en in die prediking van God se Woord.

Wie gaan ons glo: Die Woord, of die Teologie? Dit was dieselfde met Jesus – Hy het te staan gekom met die teoloë van daardie tyd nl, die Fariseërs. Hy het ook nie ‘n populêre boodskap gepreek nie en daarom het hulle Hom gekruisig.

Jesus het gepraat wat Sy Vader aan Hom toevertrou het. Mag God ons die genade gee om dieselfde te doen: ‘Want dit is die verbond wat Ek na dié dae sal maak met die huis van Israel , spreek die Here’. Selfs wanneer u kyk na die konteks van hierdie gedeelte sal u sien dat Hy hier praat met hulle wat slawe was in Egipte – ‘n volk met wie God ‘n ewige Plan en doel het…

‘n Plan wat ons nou in sy voltooïng gaan sien - dit is waarom die heiden so opstandig is en die juk van diensbaarheid aan hierdie volk wil afskud; maar ons ook wil vernietig.

As hy dit sou regkry dan is dit ook klaar met die Kerk, want wie sal dan die Evangelie uitdra?

Daily Quotes

Joh 1:10 He was in the world, and the world was made by him, and the world knew him not.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135424
This_MonthThis_Month2265
All daysAll days135424