new-top-banner-english

Week 48: Verlossing van Sonde

 

Verlossing van Sonde

 

Uittreksel van pastoor Neser se preek:B89a

Skriflesing uit: Johannes 11: 46 – 57

Kernvers: ‘en dink nie daaraan dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.’

Geliefdes, dit is vandag Goeie Vrydag! Die hele wêreld dink vandag aan die prys wat Jesus aan die kruis van Golgota betaal het. Christene van oraloor staan vandag aan die voet van die kruis…

Ons is egter so geneig om in ons Christeliek beskouing die een ding te beklemtoon ten koste van ‘n ander; om stil te staan by dit wat ons ontdek het en wat wonderlik is terwyl daar nog soveel meer is om te ontdek.

Die Here het ons hier bymekaargebring om ‘n boodskap uit te dra wat nog nie wyd raakgesien of begryp is nie. Nogtans behels die Kruis van Christus alles en mag nooit ligtelik opgeneem word nie, maar ons moet verder gaan naamlik dat God ‘n Godsplan het met Sy volk en met die wêreld.

Sodat ons hoop kan hê in hierdie donker tyd waarin ons, ons bevind, want ons het by die tydvak gekom waar alles besig is om na die einde toe te beweeg.

Dit is vandag Goeie Vrydag en laat ons dan vir ‘n wyle stilstaan by die Kruis…. want Jesus het die geregtigheid van God vir ons geword. Nou het ons vrye toegang tot die Vader en tot Sy Troon van Genade. Die Kruis het vir ons dan ook die deur geword tot die volle Raadsplan van God – om daarby uit te kom, moet ons deur die Kruis gaan.

Toe ons nog swak was het Christus op die regte tyd vir ons gesterf toe ons nog sondaars was Rom.5:6-8. Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God Rom.3:23.

Daily Quotes

Joh 1:5 And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137624
This_MonthThis_Month1809
All daysAll days137624