new-top-banner-english

Week 46: Lig en Duisternis1

 

Lig en Duisternis

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B88b

Skriflesing uit: Johannes 3:1-21

Kernvers : 19 – ‘En dit is die oordeel dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.’

Geliefdes, as ons so kyk na die wêreld om ons, kan ons sien dat daar ‘n stryd is tussen die donker en die lig – ons is of in die lig of ons is in die duisternis.

En wat is duisternis? Dit is die afwesigheid van lig. As ons die lig afskakel, dan is dit donker; want die duisternis is gedurig daar om oor te neem wanneer die lig nie daar is nie. Hoe kan ons die Here dank vir hierdie plek waar die lig letterlik en figuurlik aangeskakel is. Waar die lig van God se Woord kan uitgaan.

As ons kyk na die Christelike weg, die Pinksterweg, en selfs die Geloofsweg, dan besef ons daar is soveel aspekte rondom God se Woord. Ons het nou gebid vir die siekes – nog ‘n faset van die lig van God se Woord.

Daar is egter baie plekke waar die lig nie skyn nie, selfs in kerke. En daarom is daar duisternis. As ons die lig nie aktief handhaaf nie sal die duisternis kom en dit oorweldig!

Ek dank die Here vir die wonderlike versekering wat ons het in Sy Woord. Hier in Johannes 1:4,5 sê dit: ‘In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die wêreld’, en vers 5:’En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie’.

Die Here Jesus sê: ’Ek is die lig van die wêreld en hy wat My volg sal nie in die duisternis wandel nie’. Hy sê vir Sy dissipels en ook vir u en vir my: ‘Julle is die lig van die wêreld.’

Laat dan jou lig so skyn voor die mense dat hulle jul goeie werke mag sien!

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785