new-top-banner-english

Week 39: Die opstanding van Jesus Christus

 

Die Opstanding van Jesus Christus

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B93 Eng/Afr.

Skriflesing uit 1 Kor. 15:1-28

Kernvers: 20- ‘Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.’

Hoe kan ons die Here net nie dank dat ons op hierdie Opstandings-môre so saam in die huis van die Here kan wees nie! Juis om hierdie wonderlike gebeurtenis te herdenk – nl. dat Jesus die dood en die graf en die hel oorwin het en dat Hy lewe in ewigheid. Hoe wonderlik om te weet dat elkeen wat in Hom glo nooit sal sterwe nie maar vir ewig saam met Christus sal lewe!

Dit is die hart van die Evangelie – daarom moet ons nie stilstaan by die Kruis nie, hoe wonderlik dit ookal is. Want Jesus het opgestaan! Die Apostel Paulus sê: ‘As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop dan is ons die ellendigste van mense.’

Jesus Christus sal egter terugkom volgens die Skrif en daarom moet ons kyk wat sê die Skrif. 1 Korinthiërs 13:12 sê: ‘Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.’

Soos wat ons nader beweeg na die volle lig van God se Woord, hoe duideliker sal die Plan van God met Israel en die wêreld vir ons word. Ons beweeg aan na die lig van Jesus se Wederkoms en alles wat dit sal meebring.

God het ‘n afspraak met die mens en met Sy volk, hoe nader ons beweeg hoe meer sal ons sien hoedat die Wederkoms van Jesus Christus ten nouste verbind is met God se beloftes aan Israel.

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149771
This_MonthThis_Month1939
All daysAll days149771