new-top-banner-english

Week 40: Dink die dinge van God

 

Dink die dinge van God.

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: B88a.

Skriflesing uit Matt.16:13-23.

Kernvers: 23- ‘….Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.’

Petrus was baie lief vir die Here Jesus maar omdat hy nie die dinge van God bedink het in hierdie situasie nie, moes Jesus hom bestraf. Die duiwel het deur hom gewerk om Jesus te verhinder in Sy roeping. En dit net nadat Jesus hom so aanbeveel het in vers 16, waar hy onder inspirasie van die Heilige Gees kon sê dat Jesus die Christus is, die Seun van die Lewende God!

So is dit dan ook vir ons ‘n les nl. dat ons versigtig moet wees en die dinge van God moet bedink. Jesus het Sy lewe en bloed vir ons uitgestort – die enigste manier wat God weer die gevalle mensdom met Homself kon versoen om weer in harmonie met Hom te leef.

Ons het nou meer as 2000jr van die prediking van die kruis gehad, alhoewel in hierdie tyd het duisternis ook die Christendom getref in die donker-middeleeue. Die Hervorming het egter ongeveer 500 jr gelede begin en die waarheid van die Kruis het weer herleef.

Juis daarom sou ‘n mens dink dat die boodskap van die Kruis verstaan behoort te wees en dat Jesus se tweede Koms anders gaan wees: nie as die nederige Lam wat geslag moes word nie maar as die Koning van alle konings! Die Koning van Israel! Dit is ‘n heerlike toekomstige gebeurtenis wat verstaan behoort te word en na uitgesien te word .

Met Jesus se eerste koms het die Jode Hom verwerp en uitgeroep: ‘Kruisig hom, kruisig hom! Omdat hulle die gunstige tyd wat God hulle besoek het nie raakgesien het nie, want hulle het die dinge van die mense bedink – hulle wou hê dat Hy hul moes verlos van die Romeinse Regering wat hulle verdruk het en so het hulle vir Jesus hul Messias gemis! Hoe tragies!

Nou kom Hy egter as die Koning van Israel in al Sy Glorie en Heerlikheid! Mag ons die dinge van God bedink sodat ons gereed kan wees om Hom as sodanige te ontvang….

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775