new-top-banner-english

Week 33: Stry vir die geloof

Kernvers:3- ‘Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.’

Om te stry vir die geloof…..u sal met my saamstem dat dit ‘n ernstige saak is! Dan vra ek myself af: is ek  ernstig hieromtrent? Stry ek werlkik vir die geloof?

As ons kyk na die profete, die apostels, ons Here Jesus en baie ander    dan sien ons die prys wat hulle betaal het daarvoor. Hoe vergelyk ons lewens met hulle sin? Ons sal moet erken dat ons nog ver  tekort skiet , maar nie dat ons sal gaan lê nie, maar sal opstaan in die krag van die Heilige Gees  soos Christus ons tot alles in staat stel in en deur Hom.

Die mens is altyd opsoek na egtheid – geen namaaksel  kan ons tevrede stel nie, want God het ons so geskape. Elkeen van ons het ‘n innerlike smagting na God en daarom sal Hy dit vir ons gee as ons opreg na Hom soek, sal Hy Homself deur ons laat vind en daardie verlange na Hom vervul.

God het die mens geskape vir Homself – die natuur, die son en die maan en die uitspansel het God geskape vir die mens. Maar die mens het Hy vir Homself gemaak….daarom dat die mens alleenlik vervulling kan kry in ‘n verhouding met God. In God alleen sal daar harmonie wees op elke vlak van die mens se lewe – liggaamlik, emosioneel en maatskaplik. Dit is waarom Jesus gekom het – om daardie verhouding te herstel.

Dit is die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is, en daarom moet ons daarvoor stry!

Kom ons kyk hoe het die heiliges daarvoor gestry in Filippense 1:27- ‘Alleenlik, gedra julle  waardig die evangelie van Christus, sodat , of ek kom en julle sien dan wel  of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,’

Paulus verklaar in II Tim.4:6-8 dat hy die goeie stryd gestry het, die geloof behou het en die wedloop voleindig het en dat hy weet  dat daar ‘n kroon vir hom weggelê is wat die Here eendag vir hom sal gee…so ook vir elkeen van ons wat die geloof behou tot die einde toe!

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144430
This_MonthThis_Month1345
All daysAll days144430