new-top-banner-english

Week 34: Die bloed van ons getuienis

Kernvers: 11- ‘En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hul getuienis, en hulle het tot die dood toe nie hul lewens liefgehad nie.’

Daar is ‘n geweldige stryd in die onsienlike en hierdie sielevyand wat hier genoem word met drie name:  Satan, Duiwel en Verleier (hy wat die nasies verlei) – hy het neergedaal  met groot woede op die aarde omdat hy weet dat hy min tyd het.

Daarom dat God vir ons die wapenrusting gegee, sodat ons weerstand kan bied teen die duiwel en die bose geeste in die lug. Ons vergeet te dikwels die mag wat God vir ons gegee het.

Geliefdes ek voel aangedaan in my siel wanneer ek dink aan die kerk van Jesus Christus , en hoe teoreties ons geword het. Hoe ver is ons netnie van die praktiese uitwerking van ons godsdiens nie! Ons het immers elke dag te doen met die praktiese resultate van die sonde, en van die aanslae van die sielevyand en sy trawante.

Ons lees hier in Openbaring van die oorlog wat daar in die hemele aan die gang is tussen die draak en sy engele,  en Michael en sy engele. Dit is ‘n geveg wat baie magtiger is as enigiets wat ons al ooit op die aarde beleef het. Die Bybel praat van een engel wat in een nag 186,000 Assiriërs verslaan het!

Wat ‘n magtige geveg is daar net nie in die onsienlike aan die gang nie, wat ook sy uitwerking het op ons hier op aarde. God se kinders weet so min hiervan en tog vrywaar dit ons nie van die trane en ellende wat op ons gebring word nie.

Maar God het vir ons mag en outiriteit gegee oor al die mag van Satan! Daarom moet ons toetree tot die geestelike terrein en weet wie ons in Christus is en dat die wapens van ons stryd kragtig is om vestings neer te werp! – Deur die Woord van ons getuienis en deur die bloed van die Lam!

Daily Quotes

Joh 1:23 He said, I am the voice of one crying in the wilderness, Make straight the way of the Lord, as said the prophet Esaias.

MiniCalendar

March 2016
MTWTFSS
123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031

Vinaora Visitors Counter

132495
This_MonthThis_Month1526
All daysAll days132495