new-top-banner-english

Febr-16 Samuel

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: Eng/Afr. B101b

 

Skriflesing uit 1Sam.3:1-21

 

 

 

Kernvers 1: ‘En die seun Samuel het die Here gedien voor Eli, en die woord van die Here was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.’

 

Die kinders van nou, word die volwassenes van more; en die volwassenes van nou, is die kinders van gister. As jy so kyk na ‘n mens- hy is ‘n ingewikkelde wese. Baie dinge wat met hom gebeur het van sy geboorte af het ‘n invloed op sy latere lewe. Selfs van voor ‘n mens se geboorte.

 

Die volwassene wat jy gaan word, word al in die vroegste jare van kindwees in jou gedeponeer.

 

Wanneer ons kyk na die jong Samuel en die verhaal rondom sy geboorte, dan sien ons hoedat sy moeder hom van die Here afgebid het. Sy kon nie kinders hê nie en al was haar man baie lief vir haar en het hy haar probeer troos, was sy ontroosbaar. God het egter haar versugtinge gehoor en Samuel is gebore! Sy was so dankbaar dat sy hom aan die Here teruggegee het en so het hy in die tempel diens gedoen en die Here gedien vir die res van sy lewe.

 

Hoe wonderlik om van kleins af aan die Here toegewyd te wees. As ‘n mens dink aan die kompleksiteit wat sonde in jou lewe kan bring, die skuldgevoelens, die minderwaardigheid . Maar ‘n kind wie van kleinsaf aan die Here toegewyd is se lewe word as te ware deur die Here gereël.

 

Daar is talle voorbeelde in die Bybel bv. Josef – al het hy baie ontberinge belewe het God hom bewaar en het hy sy volk van hongersnood gered. Kyk vir Daniël en sy vriende hoe het hulle vasgestaan in wat hul geleer het en die uiteinde van hul lewens was dat die koning hulle aangestel het oor die provinsies want hy het hulle vertrou.

 

Elke dag word daar aan ‘n mens se lewe gebou- baie daarvan is jou eie keuses wat jy maak volgens die riglyne waarmee jy grootgemaak is, maar baie van jou keuses word beïnvloed deur ander. Geleenthede kom op elke mens se pad en jy moet weet of dit goed of sleg is en of jy dit moet aangryp of nie.

 

n Kind se karakter word gevorm en gebou al van voor sy geboorte en daarom het ons as ouers so ‘n groot verantwoordelikheid om ons kinders op te voed in die weë van die Here….

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785