new-top-banner-english

Febr-16 Getrouheid

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: b68B Eng/Afr.

 

Skriflesing uit: Openb.2:8-11

 

Kernvers : 10 – ‘En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.’

 

Wanneer u hierdie briewe lees aan die 7 gemeentes, sal u merk dat die Here wonderlike aanprysings vir die meeste van hulle gehad het maar dat daar nie een was behalwe hierdie gemeente van Smirna vir wie die Here nie gesê het: maar daar is iets wat ek teen julle het.

 

Net in hierdie gemeente van Smirna het die Here geen klagte gehad nie. Wanneer ons teruggaan in die geskiedenis, sal ons sien dat dit die periode was wat daardie klompie Christene intense vervolging en marteling ondergaan het.

 

Maar dit was vir hierdie klompie mense wat die Here gesê het: ‘Ek is die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het. Wees getrou tot die dood toe en Ek sal julle die kroon van die lewe gee.’

 

Daar is ‘n diep las op my hart om die kinders van die Here op te wek om die Here vir genade te vra om te kan besef hoe duur ons gekoop is met die kosbare bloed van Jesus Christus. En te bid dat ons getrou sal bly tot die dood toe, want daar kom ‘n tyd van groot beproewing vir die kinders van God.

 

Kom laat ons onself ondersoek of ons getrou is – nie ‘n getrouheid van plig nie, maar ‘n getrouheid wat kom uit ‘n dankbare hart en uit liefde vir die Here en geloof in God. Getrouheid waar niemand dit raaksien nie behalwe God – dit is die getrouheid wat vir Hom kosbaar is. Want Hy wat in die geheim sien sal jou in die openbaar vergelde.

 

Veral in ‘n tyd soos hierdie waar mense moedeloos en vol vrees is vir die toekoms, moet ons getrou wees, want ons dien ‘n getroue en lewende God. Hy het vir ons ‘n wonderlike toekoms berei en hoe wonderlik sal dit wees om daardie kroon van die lewe te ontvang.

 

As daar ooit ‘n tyd was wat ons as gelowiges mekaar moet opwek, dan is dit in hierdie dae, sodat daar weer ‘n vonk en ‘n vuur in ons kan brand wat andere kan aanspoor. Sodat daar ‘n krag van ons sal uitgaan wat vir mekaar tot seen en bemoediging kan wees

 

Daily Quotes

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149677
This_MonthThis_Month1845
All daysAll days149677