new-top-banner-english

Febr-16 Die Pottebakker

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: b109A Eng/Afr.

 

Skriflesing uit Jeremia 18:1-18

 

Kernvers: 2 – ‘Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.’

 

Ons sien hier dat wanneer die mens praat hy soms vanuit die bitterheid in sy hart praat, maar wanneer God praat is Hy vol genade en barmhartigheid.

 

Daarom dat dit ‘n bitter ding kan wees om in die hande van ‘n mens te val en is dit veel beter dat die Here met ‘n mens werk. Al sou Hy ook nodig hê om te straf, is Hy ‘n God van genade en vol ontferming en straf Hy ons nie na verdienste nie. Mits daar berou en bekering is - dan sal God ons vergewe en weer herstel.

 

Mense het antwoorde nodig in ‘n tyd soos hierdie – waste antwoorde kan ons vir mekaar gee behalwe dit wat in die Woord staan? Wat ‘n voorreg om die ou Bybel boek te hê wat vir ons rigting, troos en bemoediging kan gee. Hoe kan ons God dank vir al Sy beloftes en vir Sy Raadsplan wat Hy het met die wêreld en met Sy volk?

 

Hier sê God vir die profeet Jeremia om met die volk Israel te gaan praat, maar dat hy eers na die huis van die pottebakker toe moet gaan. Toe hy daar aankom was die pottebakker juis besig om ‘n stuk klei te draai op die skyf – hy was besig met n vaas of ‘n skottel of wat ookal maar toe sien Jeremia hoe dit misluk. Wat doen die pottebakker toe? Hy druk die klei bymekaar en begin dit van vooraf te vorm en hou aan totdat hy ‘n pragtige vaas daarmee gemaak het.

 

So sê God vir Jeremia, sal Hy doen met die huis van Israel – al het hul telkemale gefaal, sal God hulle weer vorm tot Sy eer en sal Hy Sy Plan met hulle volbring.

 

Daily Quotes

Joh 1:14 And the Word was made flesh, and dwelt among us, (and we beheld his glory, the glory as of the only begotten of the Father,) full of grace and truth.

MiniCalendar

May 2016
MTWTFSS
1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031

Vinaora Visitors Counter

137785
This_MonthThis_Month1970
All daysAll days137785