new-top-banner-english

Febr-16 Die openbaring van Jesus Christus

 

Uittreksel van Pastoor Neser se preek: Eng/Afr. B108A

 

Skriflesing uit Openb.1:1-20

 

Kernvers: 8-‘Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige’.

 

Die Bybel is ‘n wonderlike boek – soms kan ‘n mens so opgewonde raak wanneer God Homself aan jou openbaar in Sy Woord dat jy kan spring en bollemakiesie slaan van vreugde.

 

Dwarsdeur die Bybel sal ons sien hoedat God Homself altyd openbaar het alvorens daar ‘n groot gebeurtenis sou plaasvind soos bv. aan Abraham in Gen.17:1-9. God het Homself aan Abraham openbaar en vir hom gesê: ‘Ek is God Almagtig, die sterke God’….in die oorspronklike taal het dit beteken die El Shaddai- die veelborstige Een: die God wat voorsien, wat voed, versorg en vertroos. Die een wat jou aan My boesem druk en toe het Hy vir Abraham al daardie wonderlike beloftes gegee en van ‘n ewige verbond wat Hy met hom sou sluit.

 

So het die Here dwarsdeur die Bybel Homself aan diegene openbaar wat Hy uitgekies het vir ‘n spesifieke tyd en ‘n spesifieke opdrag. So ook bv. aan Josua voordat hy die beloofde land moes inneem. Toe verskyn daar ‘n man aan hom met ‘n ontblote swaard. Toe Josua vir hom vra of hy teen hulle is of met hulle, toe sê hy dat Hy die Leërowerste van die Here is – dit was Jesus Self wat Hom aan Josua openbaar het.

 

As ons so na die wêreld kyk dan besef ‘n mens daar wag groot uitdagings vir ons. Volgens God se Woord weet ons beslis dat daar verskriklike dinge moet gebeur en dat ons deur die benoudheid van Jakob sal gaan. Daarom moet ons die Here se aangesig soek en Hom vertrou dat Hy Homself aan ons sal openbaar in hierdie tyd.

 

Mag die Here aan ons ‘n openbaring van Homself gee as die El Shaddai – die Een wat ons teen Sy bors druk en ons versorg en voed en vertroos!

 

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

August 2016
MTWTFSS
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031

Vinaora Visitors Counter

144431
This_MonthThis_Month1346
All daysAll days144431