new-top-banner-english

Januarie16-Hoe om deur die Heilige Gees vervul te world

Skriflesing: Lukas 11:1-13

 

Kernvers: 13 – “ As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?” 

Dit is ʼn baie belangrike woord hierdie, en as ons God werklik op Sy Woord neem, sal Hy ons antwoord presies net soos Hy belowe het.

Maar ons glo God nie regtig nie – alhoewel Sy Woord sê: Soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word, bid en vir julle sal gegee word.

Die geleerde mense se vir ons dat hierdie vers se eintlik: vir hom wat bid en aanhou bid…hy wat aanhou met klop en hy wat aanhou met soek!

As jy iets kosbaars verloor het, dan keer jy byna die huis om om dit te kry nie waar nie?

Maar ons groot probleem is dat ons nog nie baie ernstig is om die Heilige Gees te ontvang nie, omdat ons onder die indruk is dat dit amper nie nodig is nie, dat ons maar eintlik sonder Hom kan klaarkom. Want die vyand het dit so ingewikkeld kom maak – daar is so baie boeke en teologiee rondom die Heilige Gees. 

Ons het nodig om weer in eenvoudigheid en opregtheid te kom na  die Woord en mooi te kyk wat daar staan…. En net doen wat God vir my sê.

Die Here Jesus het gesê: “ As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

 

Waar is dan n beter plek om te soek as in die Woord? Hoe het die dissipels dit ontvang? Is dit nie vir ons ʼn goeie riglyn nie?

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

April 2016
MTWTFSS
123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930

Vinaora Visitors Counter

135301
This_MonthThis_Month2142
All daysAll days135301