new-top-banner-english

Januarie16-Kom laat ons gereed wees.

Kernvers: 42 – “ Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie”.

 

Toe ek jonk was het ek ʼn groot stryd gehad om antwoorde op al my vrae te soek – ek het baie wyd gelees en navraag gedoen oor baie dinge maar dit was n aanhoudende soektog na bewyse vir elke aspek van die Bybel.

Tot eendag toe ek ʼn prediker oor die radio hoor wat gesê het: Jy moet nie die Bybel lees om dit te bevraagteken nie, maar om dit te glo….en daar het vir my groot vrede gekom. Ek het ook in later jare dan die boekie geskryf: “Die Bybel is waar”. 

In ons skriflesing sê die Here Jesus vir ons baie belangrike dinge o.a dat ons moet waak en bid en gereed wees. Hy waarsku ook hier teen slaap en dit is opmerklik hoe ons oor die algemeen aan die slaap is en dat dit een van die tekens is van die eindtyd.

Jesus praat daarvan in die gelykenis van die saaier nl. Matt 13: 24, 25.

Terwyl die mense slaap het die vyand gekom en onkruid gesaai…. Netso, saai hy steeds onkruid in die denke van die mense d.m.v ideologieë en gedagtes van misleiding. Daarom moet ons waaksaam wees.

 Kom ons neem Jesus vandag op Sy Woord en slaan ag op hierdie waarskuwing.

Hoe kan ons gereed wees? Hoe kan ons wakker word? – laat ons die welaangename tyd wat ons nog het aangryp en die Here soek deur gebed en die samekoms van die gelowiges en deur Bybelstudie. 

 

Daar is n verhaal van n ou oom wat ʼn baie toegewyde lewe gelei het en twee jong seuns wou hom uitvang deur vir hom te vra waarmee hy besig bevind sou wou wees wanneer Jesus kom? Sy antwoord was: Net dit waarmee ek nou besig is.

Daily Quotes

Joh 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.

MiniCalendar

October 2016
MTWTFSS
12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31

Vinaora Visitors Counter

149775
This_MonthThis_Month1943
All daysAll days149775