new-top-banner-english

Januarie16 Waarom Tale?

Skriflesing: Markus 16: 9-20

 

Kernvers: 17 – “ En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg; in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek”

 

Dank die Here vir Sy kosbare Woord en dat dit onveranderlik bly. Mag ons weer daardie onverskrokkenheid van die Heilige Gees kry soos wat die eerste dissipels gehad het. Jesus is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid, maar dit is ons wat verslap en ons vuur verloor het.

Kom ons stry die goeie stryd en strewe daarna om al hierdie beloftes in God se Woord te verkry en daardie vuur en ywer te bekom.

As ons weer die onverskorkkenheid van die Heilige Gees in ons lewe kan terugkry, sal ons dieselfde dinge kan doen wat daardie dissipels gedoen het – dit wat God hier in Sy Woord belowe het!

Dit is nie nodig vir een van ons om siek te wees, of in neerlaag te lewe nie, want Jesus het ons vrygemaak. Hy het al hierdie wonderlike dinge vir ons nagelaat.

Waarom dan tale? Dit is n belofte (v16). Dit is een van die tekens, om die waarheid te sê, die eerste teken wat as te ware die deur oopgemaak het vir al die ander tekens wat sou volg… leer om met God te praat in die taal van die Heilige Gees.

Paulus het baie gepraat van tale en ek glo dit was die geheim van sy kragtige bediening.

 

In my eie lewe kan ek getuig van baie keer wanneer my krag min was en my moed my wou begewe. Maar wanneer ek dan met God in tale gepraat het – gebid het en die Heilige Gees vir my ingetree het soos in Rom 8:26. Met onuitspreeklike sugtinge, wanneer jy nie meer weet wat om te bid nie maar die Gees kom jou te hulp en bid deur jou tot God. Dan is dit nie lank nie, of jy ervaar die deurbraak – dis wonderlik!   

Daily Quotes

Joh 1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.

MiniCalendar

June 2016
MTWTFSS
12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930

Vinaora Visitors Counter

140119
This_MonthThis_Month1837
All daysAll days140119